Sunday, January 3, 2010

Kersete 25 Desember 2009










Die jaar se kersete was ons grootste kersete nog.
 Daar was 190 mense en almal het geeet en gekuier tot laat die middag nog. Ons het die volle buffet spyskaart gegee behalwe die spit wat vervang was met heerlike lambsboude waarvan daar nie 'n stukkie oorgebly het nie.
Die pavlovas met vrugte en room wat spesiaal ekstra gemaak word het almal se soettand gestil.
Hier bo links is foto van die Reinecle familie wat al die afgelope 15 jaar amper elke kersete by ons kom geniet.
Regs bo is van die Botha familie lede. Hulle het hul hele famlie gebring vir kersete en was 'n heerlike groot groep van 16 mense.
Onthou om volgende jaar vroeg te bespreek vir kersete ons was al reeds vroeg voor die tyd volbespreek.