Wednesday, April 10, 2013

Troue: Driaan en Carla 2 Maart 2013

Die troue van Driaan en Carla was so spesiaal!
Die dekor is gedoen deur hul familie en vriende -- aardse emalje bekers en houers vir die veldblomme, emalje bekertjies met die woestynrosies vir die tafels en as geskenkies. Die pragtige troukoek is spesiaal deur haar suster gebak en versier, sy het ook die heerlike tuisgemaake roomys gemaak.
Die liefde tussen Driaan en Carla straal uit hulle tweetjies en ons wens hulle 'n lang en baie gelukkige huweliksreis op hul liefdesbootjie toe!

Tuesday, April 2, 2013

Maart 2013 troues

Gedurende Maart het ons die pragtige troues van Driaan en Carla 2 Maart, JD en Sume 9 Maart  en Leon en Anita 23 Maart hier by Bosduifklip gehad.
Sodra ons  hulle fotos kry,sal ons dit met julle deel.