Local suppliers

We strive to only use free range, organic and locally sourced products to guarantee you a mouth watering, never to forget food experience.  
Here is a list of some of our local suppliers.

Heerboontjies
Heerboontjies of Goewermentboontjies word sedert 1880 verbou op die plaas Wadrif slegs 18 km vanaf Lambertsbaai. Dit is een van die weinige plekke in die land waar hierdie boontjie nog geplant word.
Dit is 'n meerjarige boontjie wat in September geplant word en in Maart geoes word.
Hugo Louw is die sesde geslag Louw wat op die plaas boer en is ook familie van Kobus.
Ons berei die unieke boontjie voor op die traditionele manier met 'n soet suur sousie.
Die boontjie het 'n baie sagte smaak en 'n romerige tekstuur wat heeltemal anders proe as gewone bone.