Sunday, August 7, 2011

review from Charl and Elana

Charl and Elana got married here 23 April this year and  posted this lovely review on http://www.sa-venues.com/

Thursday, August 4, 2011

Konfyt kook

Ek is besig om makataan stukke te kook - sal fotos opsit wanneer dit more in die potte is.
Die makataan stukke is die gewildste konfyt hier by Bosduifklip Restaurant.Dit word sommer met die lepel geeet en in reguit rytjies op die brood gepak.
Dit reen lekker buite nou - ons sien uit na die blomme wat binnekort oral gaan blom.Die meeste sien ons uit na al die gesels met die "blomme mense", soos ons die blomkykers noem.

Artikel oor Bosduifklip in De Kat

In die Julie/Augustus uitgawe van die pragtige tydskrif DE KAT ,is n baie mooi artikel onder "reis + kuier" van Bosduifklip restaurant. Gerard Scholtz  het by ons kom kuier ,ons het heerlik gekuier en gesels - soos jul sal aflei as jul die artikel lees. Die fotos is al n ruk gelede geneem deur n fotograaf van die DE KAT tydskrif.  Baie dankie DE KAT !