Thursday, April 10, 2014

15 Maart 2014: Luan en Leanne se heerlike plaastroue






Luan en Leanne se troue was n egte Weskus plaastroue.
Hulle het al die pad van Gauteng gekom om hier,met hul voete in die Weskus sand, trou aan mekaar te beloof.

Leanne se ma,Lorraine, het al die tafelversierings,servette ens. ,self gemaak en ook die donkies vanaf die Sederberge laat kom sodat Leanne "in styl" kon ry tot by die seremonie.
Sy het ook die donkies en hul hanteerder se "uitrustings" gemaak.
Dit was regtig so spesiaal.

Leanne en Luan was n pragtige paartjie.
Baie dankie dat julle Bosduifklip gekies het vir jul trou dag.
Ons het die dag saam met julle baie geniet.
Ons wens julle n wonderlike lewe saam toe!!

Fotograaf:Corne-Ann Photography