Sunday, February 24, 2013

Bosduifklip on www.tietheknot.co.za

Bosduifklip is weer op die blog van sa venues as fokus troue plek!!!
Kyk op die skakel hier genoem.
Ons sal vlg week weer nuwe fotos plaas van die troue wat ons komende naweek hier het.

http://www.tietheknot.co.za/wedding-venues/bosduifklip/

Thursday, February 7, 2013

Wedding: David and Marianka pictures

The stunning wedding photos of David and Marianka - the decor of the wedding was done by themselves with the help of friends. Just look at all the little paperbirds they folded.The atmosphere was relaxed and  Marianka was such a beautiful bride and David so handsome!!   Thank you so much for choosing Bosduifklip for your wedding day - we enjoyed every minute of your wedding.We wish you a long and very happy life together!!

Die mooi bedankings brief van Irene en Bennie.

Ons wil net weer eens se baie baie dankie vir alles!

Bosduifklip het ons troue regtig waar onvergeetlik gemaak en was baie meer as wat ons verwagtinge was.

Almal
kan nie uit gepraat raak oor die ongelooflike kos en gasvryheid nie. Alles het so mooi gelyk en ons het
regtig waar trane in ons oe gekry van blydskap!

Oom Kobus dankie vir die Rollmops ek en Bennie het dit sommer vinnig op geeet na ons gister daar weg gery het.

Ons is so bly dat ons Bosduifklip gekies het vir ons spesiale dag en by gese dat dit die enigste venue was wat ons na 
gaan kyk het, na ek vir plekke op die internet rond gesoek het. Ons is dol verlief op die plek en sal enige tyd weer kom
kuier. Julle voel regtig waar vir ons soos familie wat ons by gekry het en nie net kennise nie.

Liefde Groete
Mnr en Mev Dixon

Troue: Irene en Bennie Dixon

Irene en Bennie Dixon se mooi troufotos. Heerlike familie troue met al die besondere dekor wat Irene self gedoen het.

Wednesday, January 16, 2013

Troue: Pete en Corlie


Troue: Therlo en Auriel 22 Desember 2012

Die pragtige troue van Therlo en Auriel op 22 Desember 2012 .Is hulle nie die pragtigste paartjie nie? Die dekor en blomme en troukoek is gedoen deur Bazeru Events. Dit was n heerlike troue!


Tuesday, November 20, 2012

Gedig deur Marianna Simpson

Ons gaan terug in tyd vandag met hierdie pragtige gedig wat deur n gas (Marianna Simpson)aan ons geskryf is -24 Mei 1993.

Bosduifklip

Onder die Bosduifklip
op n soel herfsnag...
Het ons met vriende
gekuier, geskerts en gelag.
Wat n heerlike lafenis
na n besige dag!

Sjerrie en muskadel om jou welkom te heet
laat mens sommer dadelik van jou sorge
vergeet.
Swaar,skurwe stompe - klein en groot
dien as sitplek ... en as skoot.
En op een stomp -
roosterkoeke in n mandjie en n yslike
potbrood.
Korrel-, groenvy- en waatlemoenkonfyt...
Plaasvars botter!
Waar kry n mens so n heerlikheid!

Geurige mossels in stokkies geryg.
n Halwe kreef met beentjies om af te suig.
Gebraaide snoek, aartappel en lemoenpatat
sit ons stewig agter die blad.

En nog is het einde niet,
want die Plaaswerf-orkes laat hoor sy
lied!
Ons dans vir "Boesmanland" dat die stof
so staan,
onder die sterre en die sekelmaan.

Die skaapboud wat ritmies oor die kole
draai,
is nou murgsag en mooi bruin gebraai.
Ons eet en gesels ... en geniet die ou
wyntjies.
En so vergeet ons van ellende en
pyntjies.
Met souskluitjies en koffie...
word die aand afgerond.
So word ons almal weer fris en gesond.

Kobus en Aletta is op hulle kop!
So n gasheer en gasvrou...
gaan jy nie agter elke bos uitskop.

Hiernatoe gaan ons weer uitglip
Lank lewe Bosduifklip!


Is dit nie pragtig nie?

Monday, November 19, 2012

Monday, October 15, 2012

Troue: Jantina en Andre 13 Oktober 2012

 
Jantina en Andre se troue 13 Oktober 2012 -- dit was n heerlike vrolike troue -- ons sit net eers hierdie 3 fotos op van die dekor - sodra ons die fotos van die fotograaf (Coba Photography) kry,sal ons dit ook plaas. Baie dankie Andre en Jantina dat ons deel kon wees van jul pragtige dag!
 
  

Troue: Bennet 27 September

Bennet egpaar se mooi troue 27 September. Dit was 'n heerlike familie troue met die seremonie  op die mooi strand van Lambertsbaai. Die dekor gedoen deur Mercia van Function 4U. Die gaste het heerlik geeêt en gelag en gekuier en gesels -- een van die lekkerste troues hier by Bosduifklip! Ons beste wense vir die bruidspaar vir die toekoms. Elsbeth jy was Pragtig!!! Ons sal later die fotograaf se fotos kry en ook opsit --hierdie is wat ons geneem het.  

Monday, September 3, 2012

Bosduifklip features in the September Leisure Wheels

Bosduifklip is featured in the September issue of the Leisure Wheels magazine - page 94 to99 - get the magazine and enjoy the lovely article and photos!!!
A big thank you to Jannie Herbst and the Leisure Wheels team!!

Tuesday, August 7, 2012

Stone Ground Flour: the geheim van ons lekker brood

Ons, hier by Bosduifklip, probeer die produkte  wat  ons gebruik so natuurlik as moontlik hou. Daarom is ons baie opgewonde om voortaan Eureka Mills se "unbleached stone ground flour " in ons brode te gebruik.The taste of the bread is just so much better - you can actually taste the goodness. Ons het nie op ons laat wag nie en roosterkoekies en "'whole wheat" broodjie gebak. With home-made green fig preserve it was so good!


Monday, August 6, 2012

Leisure Wheels - "Dis die kospotte van Egipte"'

Leisure Wheels - Bush Babes het by ons kom kuier en beskryf ons spyskaart as "Dis die kospotte van Egipte". Baie dankie vir die pragtige terugvoer en media blootstelling! I am posting a photo of Kobus with some of the Babes(photos taken by Jannie Herbst ). Look out for the September issue of Leisure Wheels for more info.

Die veld blom!!

Monday, May 7, 2012

Troue: Ruan en Coba

Die mooi troue van ons dogter Coba en Ruan - dit was n pragtige dag. Vir die dekor het ons al die bruikbare verweerde plaasimplemente nader getrek en gebruik as houers vir die blomme. Daar is gedans en lekker gelag -- dit was n heerlike vreugdevolle troue. Coba was die mooiste bruid en Ruan 'n baie trotse bruidegom.Ons wens julle n baie gelukkige lewe saam toe.



Saturday, May 5, 2012

Weddings: Ruan en Coba Dekor fotos

Die troue van ons jongste dogter Coba met Ruan die 24 ste Maart.n Paar dekor fotos.