Showing posts with label Kos. Show all posts
Showing posts with label Kos. Show all posts

Monday, September 12, 2016

VIA tv opname. Plaaskombuis Reeks

Ons is so bevoorreg dat die tv span vir VIA tv by ons n opname kom maak het vir n nuwe reeks.

Die reeks is geskoei op die Landbou Boerekos winter uitgawe 2016.

Die eerste episode van die reeks, waar ons die eerste op is, begin 14 September.

Hierdie is  n groepfoto van die span ,wat die opname gedoen het.

Magda se Dankbaarheids Tee 10 September 2016

Die wenner van ons Tee partytjie tydens ons Vier die Lewe funksie Magda, het n heerlike Dankbaarheidstee hier gehou.
Die rede vir die Dankbaarheids tee was omdat een van haar vriende, Sone, in n motorongeluk was maar saam met haar kinders ten volle herstel het.
Hul het saam met n groepie hartsvriendinne en familie die middag gevier.
Ons het soos gewoonlik ons heerlike vars gebakte soet en sout geregte voorgesit, die ou familie koekblikke as dekor gebruik en die pragtige rose van Robyn Rose by Citrusdal gekry.


 Lees meer

Saturday, January 30, 2016

Varsgebakte Koeksisters

Koeksisters bly n baie gewilde soetigheid om te geniet saam met koffie na ete of sommer enigte tyd van die dag saam met n heerlike koppie tee.

Ek hou daarvan om die koeksister te vleg, dit lyk net vir my baie mooier.
Die sous word gegeur met gemmer, gedroogte nartjieskil, pypkaneel en suurlemoen skil en sap.


Monday, April 13, 2015

Kwepers ingemaak.

Na baie gekook en gebottel is die kwepers klaar, die foto maar net n paar van die potte, daar is nog baie!!




Wednesday, April 8, 2015

Kwepers / Quinces

Dit is weer die tyd van die jaar vir Kwepers inmaak.
Ingemaakte Kwepers is die ideale bykos vir ons heerlike Waterblommetjie bredie en die besonderse soet suur smaak maak dit ook n wonderlike pasmaat vir  Weskus gebraaide Snoek.
Ons was so gelukkig om hierdie wonderlike kwepers uit die Koue Bokkeveld te kon kry.

It is that time of the year again for Quinces.
Quinces are the ideal side dish with our Waterblommetjie stew as well as  West Coast braaied Snoek.
We were very fortunate to get these lovely Quinces from a farm in the Koue Bokkeveld near Ceres.

Will put up the "after" photos as well.


 

Tuesday, August 7, 2012

Stone Ground Flour: the geheim van ons lekker brood

Ons, hier by Bosduifklip, probeer die produkte  wat  ons gebruik so natuurlik as moontlik hou. Daarom is ons baie opgewonde om voortaan Eureka Mills se "unbleached stone ground flour " in ons brode te gebruik.The taste of the bread is just so much better - you can actually taste the goodness. Ons het nie op ons laat wag nie en roosterkoekies en "'whole wheat" broodjie gebak. With home-made green fig preserve it was so good!