Showing posts with label Media. Show all posts
Showing posts with label Media. Show all posts

Monday, September 12, 2016

VIA tv opname. Plaaskombuis Reeks

Ons is so bevoorreg dat die tv span vir VIA tv by ons n opname kom maak het vir n nuwe reeks.

Die reeks is geskoei op die Landbou Boerekos winter uitgawe 2016.

Die eerste episode van die reeks, waar ons die eerste op is, begin 14 September.

Hierdie is  n groepfoto van die span ,wat die opname gedoen het.

Tuesday, August 25, 2015

Topvendor Wedding Awards

We are very thankful and excited to have received the Topvendor Wedding Award in the catagorie Best Seaside Venue as Peers Choice!!!
Ons het die sertifikaat ontvang by die glansgeleentheid in die Rockwell Hotel, dit was n heerlike aand.
Thank you to all our Peers who have voted for us!!!
Thank you also to Stephni and  Christine of Topvendor Wedding Awards for all your hard work and good luck for the future and next year's competition.


Tuesday, June 16, 2015

Vote for us in the Topvendor Awards

Ons is  baie opgewonde om deel te neem aan die Topvendor Awards ,
Stem asb vir ons.
Kliek op hierdie skakel om te stem. Ons val onder Top Seaside Venue.


Venue: http://www.topvendorweddingawards.co.za/voting2015_venue.html#voting

Maak seker jy bevestig jou eposadres om die stem te laat tel.




Sunday, February 24, 2013

Bosduifklip on www.tietheknot.co.za

Bosduifklip is weer op die blog van sa venues as fokus troue plek!!!
Kyk op die skakel hier genoem.
Ons sal vlg week weer nuwe fotos plaas van die troue wat ons komende naweek hier het.

http://www.tietheknot.co.za/wedding-venues/bosduifklip/

Tuesday, November 20, 2012

Gedig deur Marianna Simpson

Ons gaan terug in tyd vandag met hierdie pragtige gedig wat deur n gas (Marianna Simpson)aan ons geskryf is -24 Mei 1993.

Bosduifklip

Onder die Bosduifklip
op n soel herfsnag...
Het ons met vriende
gekuier, geskerts en gelag.
Wat n heerlike lafenis
na n besige dag!

Sjerrie en muskadel om jou welkom te heet
laat mens sommer dadelik van jou sorge
vergeet.
Swaar,skurwe stompe - klein en groot
dien as sitplek ... en as skoot.
En op een stomp -
roosterkoeke in n mandjie en n yslike
potbrood.
Korrel-, groenvy- en waatlemoenkonfyt...
Plaasvars botter!
Waar kry n mens so n heerlikheid!

Geurige mossels in stokkies geryg.
n Halwe kreef met beentjies om af te suig.
Gebraaide snoek, aartappel en lemoenpatat
sit ons stewig agter die blad.

En nog is het einde niet,
want die Plaaswerf-orkes laat hoor sy
lied!
Ons dans vir "Boesmanland" dat die stof
so staan,
onder die sterre en die sekelmaan.

Die skaapboud wat ritmies oor die kole
draai,
is nou murgsag en mooi bruin gebraai.
Ons eet en gesels ... en geniet die ou
wyntjies.
En so vergeet ons van ellende en
pyntjies.
Met souskluitjies en koffie...
word die aand afgerond.
So word ons almal weer fris en gesond.

Kobus en Aletta is op hulle kop!
So n gasheer en gasvrou...
gaan jy nie agter elke bos uitskop.

Hiernatoe gaan ons weer uitglip
Lank lewe Bosduifklip!


Is dit nie pragtig nie?

Monday, September 3, 2012

Bosduifklip features in the September Leisure Wheels

Bosduifklip is featured in the September issue of the Leisure Wheels magazine - page 94 to99 - get the magazine and enjoy the lovely article and photos!!!
A big thank you to Jannie Herbst and the Leisure Wheels team!!

Sunday, March 4, 2012

Voetspore - van Cassablanca tot die Kaap

Kyk na die Voetspore uitsending op SABC 2 Maandag aande om 19:30 ( half agt)
Bosduifklip Restaurant sal in die laaste episode - Van Sendelingsdrift tot Blouberg - op die program wees.

Saturday, September 17, 2011

Bosduifklip in Leisure Wheels magazine

In the October issue of the Leisure Wheels magazine is a beautiful article "Between a rock and a mussel" about Bosduifklip. Get yourself a magazine!

Thursday, August 4, 2011

Artikel oor Bosduifklip in De Kat

In die Julie/Augustus uitgawe van die pragtige tydskrif DE KAT ,is n baie mooi artikel onder "reis + kuier" van Bosduifklip restaurant. Gerard Scholtz  het by ons kom kuier ,ons het heerlik gekuier en gesels - soos jul sal aflei as jul die artikel lees. Die fotos is al n ruk gelede geneem deur n fotograaf van die DE KAT tydskrif.  Baie dankie DE KAT !

Thursday, April 15, 2010

Cooking with Pablo TV program filmed at Bosduifklip

We were very fortunate to have been filmed by an Argentine TV Cooking Show - Cooking with Pablo- they visited South Africa for 4 weeks and travelled all over to film unique South African restaurants.

We were the only restaurant on the West Coast that they filmed at. We prepared our famous musselkebab, crayfish  and roosterkoekies.

Those of you who had bought Dinosaurs and Roses T-Shirts years ago - the designer Matthew - was the tour guide - we were very glad to meet up with him again. 


Voetspore TV 2 - 18.00 -23 April 2010 - kyk gerus!

Monday, August 10, 2009

Voetspore span hou afsluiting ete by ons!

8 Augustus het die Voetspore span hul afsluitings ete by ons gehou.

Hulle het gery vanaf Casablanca tot in die Kaap.



Hier bo is 'n foto van die helikopter span wat vanaf Sendelingsdrif grenspos tot in Blouberg saam met hulle gevlieg het.