Wednesday, October 12, 2011

Troue: Riaan en Rinaldi


Die pragtige bruidspaar Riaan en Rinaldi - julle is pragtig!! Dit was n heerlike troue - baie dankie dat ons jul dag met jul kon deel.

Troue decor: Riaan en Rinaldi

Sunday, August 7, 2011

review from Charl and Elana

Charl and Elana got married here 23 April this year and  posted this lovely review on http://www.sa-venues.com/

Thursday, August 4, 2011

Konfyt kook

Ek is besig om makataan stukke te kook - sal fotos opsit wanneer dit more in die potte is.
Die makataan stukke is die gewildste konfyt hier by Bosduifklip Restaurant.Dit word sommer met die lepel geeet en in reguit rytjies op die brood gepak.
Dit reen lekker buite nou - ons sien uit na die blomme wat binnekort oral gaan blom.Die meeste sien ons uit na al die gesels met die "blomme mense", soos ons die blomkykers noem.

Artikel oor Bosduifklip in De Kat

In die Julie/Augustus uitgawe van die pragtige tydskrif DE KAT ,is n baie mooi artikel onder "reis + kuier" van Bosduifklip restaurant. Gerard Scholtz  het by ons kom kuier ,ons het heerlik gekuier en gesels - soos jul sal aflei as jul die artikel lees. Die fotos is al n ruk gelede geneem deur n fotograaf van die DE KAT tydskrif.  Baie dankie DE KAT !

Wednesday, June 22, 2011

Lees wat ons bruidspare skryf

Lees gerus wat  van die bruidspare wat van ons pragtige restaurant gebruik gemaak het skryf oor hul troues hier op http://www.lambertsbayweddings.co.za/
Die veld is so mooi groen nou al -ons sien uit na n baie mooi blomtyd gedurende Augustus en September.

Monday, May 23, 2011

Troue: Charl en Elana 23 April

Ons het die heerlikste troue gehad saam met Charl en Elana - Elana het soos n prinses gelyk en Charl was natuurlik die baie trotse en aantreklike prins. Baie dankie dat ons die dag met jul kon deel.
Die dekor is gedoen deur Enbur Events en die blomme deur Irene Cilliers. Baie dankie dat julle die restaurant so mooi gemaak het.
Die wonderlike mooi fotos is geneem deur Coba Engelbrecht Photography http://www.cobaphoto.wordpress.com/

Charl & Elana Troue 23 April 2011

 

Monday, February 14, 2011

Troue: Michel en Juanita 12 Februarie 2011

Die restaurant was pragtig getooi vir die baie spesiale bruidspaar - baie dankie dat ons kon deel in die heerlike aand.

Monday, February 7, 2011

7 Februarie 2011. Freddie en Tanja troue.

7 Februarie 2011.Die pragtige kleurvolle troue van Freddie en Tanja. Dit was vir ons n voorreg om daarin te deel - baie dankie!

Tuesday, October 26, 2010