Wednesday, June 22, 2011

Lees wat ons bruidspare skryf

Lees gerus wat  van die bruidspare wat van ons pragtige restaurant gebruik gemaak het skryf oor hul troues hier op http://www.lambertsbayweddings.co.za/
Die veld is so mooi groen nou al -ons sien uit na n baie mooi blomtyd gedurende Augustus en September.

Monday, May 23, 2011

Troue: Charl en Elana 23 April

Ons het die heerlikste troue gehad saam met Charl en Elana - Elana het soos n prinses gelyk en Charl was natuurlik die baie trotse en aantreklike prins. Baie dankie dat ons die dag met jul kon deel.
Die dekor is gedoen deur Enbur Events en die blomme deur Irene Cilliers. Baie dankie dat julle die restaurant so mooi gemaak het.
Die wonderlike mooi fotos is geneem deur Coba Engelbrecht Photography http://www.cobaphoto.wordpress.com/

Charl & Elana Troue 23 April 2011

 

Monday, February 14, 2011

Troue: Michel en Juanita 12 Februarie 2011

Die restaurant was pragtig getooi vir die baie spesiale bruidspaar - baie dankie dat ons kon deel in die heerlike aand.

Monday, February 7, 2011

7 Februarie 2011. Freddie en Tanja troue.

7 Februarie 2011.Die pragtige kleurvolle troue van Freddie en Tanja. Dit was vir ons n voorreg om daarin te deel - baie dankie!

Tuesday, October 26, 2010

Thursday, April 15, 2010

Wedding: Charl and Melanie 11 April

Cooking with Pablo TV program filmed at Bosduifklip

We were very fortunate to have been filmed by an Argentine TV Cooking Show - Cooking with Pablo- they visited South Africa for 4 weeks and travelled all over to film unique South African restaurants.

We were the only restaurant on the West Coast that they filmed at. We prepared our famous musselkebab, crayfish  and roosterkoekies.

Those of you who had bought Dinosaurs and Roses T-Shirts years ago - the designer Matthew - was the tour guide - we were very glad to meet up with him again. 


Voetspore TV 2 - 18.00 -23 April 2010 - kyk gerus!

Sunday, January 3, 2010

Oujaars aand ete en dans!




Kersete 25 Desember 2009










Die jaar se kersete was ons grootste kersete nog.
 Daar was 190 mense en almal het geeet en gekuier tot laat die middag nog. Ons het die volle buffet spyskaart gegee behalwe die spit wat vervang was met heerlike lambsboude waarvan daar nie 'n stukkie oorgebly het nie.
Die pavlovas met vrugte en room wat spesiaal ekstra gemaak word het almal se soettand gestil.
Hier bo links is foto van die Reinecle familie wat al die afgelope 15 jaar amper elke kersete by ons kom geniet.
Regs bo is van die Botha familie lede. Hulle het hul hele famlie gebring vir kersete en was 'n heerlike groot groep van 16 mense.
Onthou om volgende jaar vroeg te bespreek vir kersete ons was al reeds vroeg voor die tyd volbespreek.

Pragtige natuur lewe op Bosduifklip se plaas










Bo is twee pragtige fotos van ons eie Springbokke op die plaas. Die springbokke word slegs geslag vir die springbok botjie. Daar is omtrent 40 springbokke wat wei op die plaas.
Onder links is 'n gifbol plant (Haemanthus amarylloides) wat slegs een keer elke sewe jaar blom! Hy blom slegs in Desember maande.
Sy groen blare wat hy het gaan dood voor die blomme verskyn. Nadat hy sy saad geskiet het gaan die blomme weer dood en  groen blare groei weer terug. Hy word 'n gifbol genoem aangesien sy blare giftig is vir vee soos skape en beeste.
Regs onder is 'n botterboom (Cotyledon Paniculata). Hy is 'n vetplant en kom vollop voor in die sandveld area. Kobus se hulle het as kinders dit gebruik om op die klippe af te gly aangesien hy slymstamme het.

Hier bo is 'n Koekemakranka (Gethyllis spp.) Hy blom ook slegs Desember maande. Na die blommetjies dood is kom daar vrug liggaampies uit wat lyk soos 'n aspersie stingel. Die stingel bevat sade en gee ook die heerlikse parfuum reuk af. Mense het dit gebruik as parfuum deur dit in hul sak te dra en hulle het dit ook in branewyn bottels gesit oor die heerlike geur wat dit afgee.

Sunday, October 25, 2009

Troue: Jaco en Ilze 17 Oktober

Die troue van Jaco en Ilze was n heerlike en vrolike gebeurtenis.The bride looked so pretty and they are a lovely couple.They danced under the stars and everybody had a joyful time.
Baie dankie dat jul ons restaurant gekies het vir jul spesiale dag!