Pages

Tuesday, November 20, 2012

Gedig deur Marianna Simpson

Ons gaan terug in tyd vandag met hierdie pragtige gedig wat deur n gas (Marianna Simpson)aan ons geskryf is -24 Mei 1993.

Bosduifklip

Onder die Bosduifklip
op n soel herfsnag...
Het ons met vriende
gekuier, geskerts en gelag.
Wat n heerlike lafenis
na n besige dag!

Sjerrie en muskadel om jou welkom te heet
laat mens sommer dadelik van jou sorge
vergeet.
Swaar,skurwe stompe - klein en groot
dien as sitplek ... en as skoot.
En op een stomp -
roosterkoeke in n mandjie en n yslike
potbrood.
Korrel-, groenvy- en waatlemoenkonfyt...
Plaasvars botter!
Waar kry n mens so n heerlikheid!

Geurige mossels in stokkies geryg.
n Halwe kreef met beentjies om af te suig.
Gebraaide snoek, aartappel en lemoenpatat
sit ons stewig agter die blad.

En nog is het einde niet,
want die Plaaswerf-orkes laat hoor sy
lied!
Ons dans vir "Boesmanland" dat die stof
so staan,
onder die sterre en die sekelmaan.

Die skaapboud wat ritmies oor die kole
draai,
is nou murgsag en mooi bruin gebraai.
Ons eet en gesels ... en geniet die ou
wyntjies.
En so vergeet ons van ellende en
pyntjies.
Met souskluitjies en koffie...
word die aand afgerond.
So word ons almal weer fris en gesond.

Kobus en Aletta is op hulle kop!
So n gasheer en gasvrou...
gaan jy nie agter elke bos uitskop.

Hiernatoe gaan ons weer uitglip
Lank lewe Bosduifklip!


Is dit nie pragtig nie?

Monday, November 19, 2012

Wedding: Pete and Corlie 27 October

On 27 October we had the lovely wedding of Pete and Corlie -- it was a joyfull  wedding!!
We will post more photos when we get them from the photographer.

http://www.facebook.com/media/set/?set=a.550164751667155.144885.233130413370592&type=1


Photo: Corlie en Pete (troue 27 Oktober)het hierdie foto solank aangestuur,ons kan nie wag vir die fotograaf se fotos nie.
Kyk net hoe mooi het hulle gelyk!!